- 29 NOVEMBER 2012
- 23 AUGUSTUS 2012
- 7 JUNIE 2012
- 12 APRIL 2012
Notule
Canolawerkgroepvergadering
gehou te Elsenburg op 29 November 2012
Opening en verwelkoming
Die vergadering word deur mnr Joubert met gebed geopen. Die Voorsitter verwelkom almal teenwoordig, veral mnr Pieter Burger van Overberg Agri.
Presensie
Teenwoordig
Mnr GJH Scholtemeijer PNS (Voorsitter) Dr J de Kock PNS Mnr AP Theron PNS Mnr JG Loubser PNS Mnr D Joubert PNS Mnr C Cumming PNS Mnr AP Theron PNS Me L Smorenburg DLWK Mnr P Lombard DLWK Dr J Strauss DLWK Mnr P Laubscher Overberg Agri Mnr P Burger Overberg Agri Mnr JWP Bruwer SSK Dr E Hough MKB Mnr M Heydorn CBK Mnr D Hanekom Agricol Mnr F le Roux SOILL Mnr K Becker SOILL Mnr JJ Bester GSA produsent Mnr J Loubser Nova Voere Prof A Agenbag US Dr G Tribe Privaat Me L van Zyl Sekretariaat Verskoning vir afwesigheid
Me A Swanepoel DLWK Dr I Trautmann DLWK Dr S Lamprecht LNR-NIPB Mnr W Jonker Obaru Mnr JCG van Niekerk MKB Mnr K Schonken Produsent Mnr H Cerfonteyn DLWK Mnr I Slabbert DLWK K van Tonder PNS
Personalia
'n Mosie van roubeklag word aanvaar met die afsterwe van onderskeidelik Dr Johan Booysen van DLWK en mnr Johnny Davids, lid van mnr Lombard, DLWK se navorsingspan.
Vasstelling van die sakelys
Geen nuwe inligtingsake.
Notule van die vorige vergadering
Die notule van die vergadering gehou op 23 Augustus 2012 word as gelese beskou en goedgekeur.
Algemene oorsig
Oesskatting
Die NOK se jongste oesskatting (Oktober 2012) is by die sakelys aangeheg. Volgens die jongste syfers (November 2012) word 'n canola oes van 69 000 ton van 44 100 ha verwag.
Dit is verblydend dat daar sedert 2010 se oes van 37 000 ton 'n toename was na 2011 toe dit 59 000 ton was na 2012 se 69 000 ton.
Neem kennis dat mnr P Thomas wat Suid-Afrika gedurende die jaar besoek het se verslag oor die Suid-Afrikaanse canola bedryf by die volgende sakelys aangeheg sal word.
Mnr Keun
Die Voorsitter verwys na die ietwat negatiewe stelling oor die plaaslike canola produsente wat deur mnr Thomas gemaak is.
Winterreënstreek
Swartland / Suid-Kaap
Daar word rapporteer dat 'n goeie canola oes in die Swartland sowel as die Suid-Kaap realiseer het en dat daar groter aanplantings in die volgende seisoen verwag word.
Die vraag word gevra of die stygende tendens oor die langtermyn sal voortduur en of goeie koringboere ook "goeie canola boere" is.
Die volgende kommentaar word tydens die bespreking gemaak:
- die afgelope seisoen se klimaat en gemiddelde temperatuur was baie voordelig vir canola produksie;
- die koel weer en lang reënseisoen het gehelp dat min of geen plae en insekte voorgekom het nie;
- cultivars verbeter, beter opbrengs per hektaar;
- produksie praktyke verbeter, onder andere bemesting;
- oes en platsny praktyke verbeter – regte platsnyers belangrik;
- produsente bestuur canola beter, as 'n deel van wisselboustelsel (veral in die Suid-Kaap) en nie net as onkruidbeheer-middel;
- die winsgewendheid van 'n kontant gewas bepaal die erns waarmee dit bestuur word – as die prys van die gewas mededingend is teenoor die van ander kontant bedrywe / gewasse (medics of vee), sal dit dienooreenkomstig bestuur word;
- die toevoeging van swael en boor speel 'n groot rol vir beter opbrengs – dit moet op die regte tyd toegedien word!;
- voldoende stikstof is belangrik – hou die hele plant se blare groen tot op die einde;
- bestuur die gewas volgens die omgewing / verwagte opbrengs;
- medics as deel van die wisselboustelsel is gevestig in die Swartland;
- Canola aard nie oral ewe goed, veral in die ligte / sand grond van die Swartland is dit problematies;
- Canolasaad word maklik deur wind uitgewaai; en
- opbrengspotensiaal van 2+ ton/ha is moontlik.
Somerreënstreek
Neem kennis dat
- lede terugvoering gee oor die Inligtingsdag wat mnr P Fouche by Petrus Steyn aangebied het;
- daar oor die stelling dat canola in een seisoen bewei en ge-oes kan word, besin word;
- die vergadering die standpunt huldig dat aangesien die droëland omstandighede / reënval meer wisselvallig as in die binneland is, canola vir óf oes óf weiding aangeplant moet word;
- Dr Strauss (DLWK) in 2013 'n demonstrasie proef beplan om die verskil tussen canola wat vir oes geplant word of bewei word, te illustreer;
- Prof Agenbag onderneem om inligting te verskaf oor die effek wat glukosinolate in groeipunte van die plante op die produksie potensiaal van die diere wat dit vreet, kan hê; en
- daar proewe in die somerreënval gebiede onder besproeiing gedoen word, daar potensiaal is, maar nog baie leiding nodig is.
SAGIS Inligting
Daar word besluit dat die jongste inligting (Oktober 2012) soos deur SAGIS verskaf, aanvaar word, naamlik:
- die jongste markinligting;
- die weeklikse bulletin;
- die maandelikse bulletin
Weervooruitskatting
Neem kennis dat geen nuwe inligting beskikbaar is nie.
Navorsing
Nasionale Cultivarproewe
Aanplantings 2012
Neem kennis dat
- die 2012 proewe se resultate in die proses is om verwerk te word;
- die perseel by Witsand weens swartstam nie gebruik kon word nie;
- die jongste Canolafokus 'n artikel bevat oor waarom swartstamweerstand belangrik is tydens die maak van 'n kultivarkeuse;
- Mnr Lombard beplan om streekspesifieke cultivars te identifiseer;
Mnr Lombard
Bemesting
Daar word aanbeveel dat die huidige bemestingsriglyne in die Canola Handleiding onder leiding van Prof Agenbag en dr De Kock weer hersien / opdateer word.
Daar sal ook met die kunsmismaatskappye vir enige nuwe benaderings geraadpleeg word.
Prof Agenbag
Dr De KockPes- en plaagbeheer
Die riglyne vir onkruidbeheer soos in die canola handleiding vervat, is in oorleg met Mnr Cumming opdateer en ter inligting aan lede voorsien. Die jongste Canolafokus bevat ook inligting oor aspekte wat 'n keuse van canola kultivars beïnvloed.
Daar word oor die huidige situasie ten opsigte van saadbehandeling (teen swamme, insekte, grondgedraagde siektes) in die land besin. Sommige verskaffers wie se saad ingevoer word, is behandel en sommige saad word deur Agricol met Cruiser (wat in Suid-Afrika geregistreer is) behandel. Saadmaatskappye moet vir die landboubesighede en produsente aandui watter saad met watter middels behandel is. Sommige saad word op aanbeveling deur produsente behandel. Dit blyk uit die gesprek dat daar nie eenvormigheid ten opsigte van saadbehandeling is nie en die situasie nie bevredigend is nie. Daar word aanbeveel dat die korrekte inligting dringend aan produsente kommunikeer moet word.
Die CBK en GSA is in die proses om middels vir die gebruik op canola te laat registreer en produsente word aangemoedig om slegs geregistreerde middels te gebruik.
Die vergadering besluit dat
- mnr Cumming die Croplife vergadering op 30 November 2012 sal bywoon en namens PNS navraag doen oor die moontlike registrasie van middels wat op canola gebruik word;
- dr Lamprecht versoek word om in oorleg met mnr Cumming 'n samevatting van alle wetenskaplike antwoorde ten opsigte van saadbehandeling vir verdere bespreking tydens die volgende vergadering saam te stel.
Mnr Cumming
Dr LamprechtAansoek om befondsing van nuwe en bestaande projekte
Daar word kennis geneem dat OPOT die versoek vir befondsing van canola navorsing oorweeg het en ten gunste van 'n bydrae tot canola navorsing besluit het.
Tegnologie oordrag
Canolafokus
Neem kennis dat die redaksie gelukgewens word met die jongste uitgawe van die Canolafokus.
Inligtingsdae 2013
SKOG Voorsaai 14 Februarie Overberg Agri Voorsaai 5 Maart Proefbesoek Suid-Kaap 20 Augustus SKOG Dag 22 Augustus Proefbesoek Swartland 28 Augustus Roodebloem 29 Augustus Riversdal 4 September
Almal
Verslag van Australiese toer
Die verslag van mnr Joubert en dr De Kock se toer na Australië sal by die volgende vergadering voorgelê word.
Dr de Kock
Mnr Joubert
Behoeftes van
Mark – canola
Generiese reklame
Daar word gerapporteer dat PNS voortgaan met generiese reklame.
Almal
Produsente – canola
Canola oesverliese
Geen nuwe inligting is beskikbaar nie.
Pryse
Neem kennis dat mnr Becker namens SOILL op die vorige notule punt 10.1.1 insake die vaste prysstruktuur in die canola bedryf kommentaar lewer. Hierdie Werkgroep is nie normaalweg die forum waar besprekings oor pryse plaasvind nie. SOILL kan die produsente en die PNS die versekering gee dat pryse deursigtig in oorleg met die produsente onderhandel word. Indien daar 'n prysstyging gedurende 'n seisoen sou plaasvind (nadat kontrakte geteken is) word dit deur middel van 'n agterskot nadat die saad gepers is, aan produsente deurgegee.
Daar word verder die versekering gegee dat SOILL te alle tye die generiese reklame om die produksie van canola te bevorder, ondersteun en self ook generiese reklame doen.
Daar is op die oomblik pers kapasiteit vir 70 000 ton by SOILL.
Super Canolakompetisie
Mnre Slabbert en Loubser is in die proses om die 2012 Super Canolakompetisie te finaliseer. Wenner sal begin 2013 aangekondig word.
J Loubser
I Slabbert
Saad
Beskikbaarheid van saad
Saadmaatskappye gee die versekering dat alles moontlik gedoen word om genoeg saad betyds vir die volgende planttyd beskikbaar te hê.
Saadmaatskappye
Ander sake
Nuusbrokkies
Neem kennis dat afskrifte van interessante nuusbrokkies ter inligting by die sakelys aangeheg is.
Canola Tydskrifartikels
Neem kennis dat afskrifte van enkele artikels ter inligting by die sakelys aangeheg is.
Glukosinolaatvlakke van canolasaad
Die artikel: "Glucosinolates in animal nutrition" is ter inligting by die sakelys aangeheg.
SOILL se verslag aangaande glukosinolaatvlakke in plaaslike canola saad wat deur SOILL verwerk word, is ter inligting by die sakelys aangeheg.
Canola beplanning vir 2012
Die gewysigde inkomste/koste ramings as gevolg van hoër versekeringskoste van canola in die sentrale besproeiingstreke, GWK gebied (as deel van die Canola beplanning) is ter inligting by die sakelys aangeheg.
Voorlegging Prof Rob Gous
Die voorlegging deur Prof Rob Gous "Evaluating canola for use in pig and poultry feeds" is ter inligting by die sakelys aangeheg.
Datums van volgende vergaderings
Die volgende vergadering is vir 11 April 2013 geskeduleer.
Besluit dat die vergaderdatums vir Junie, Augustus en November in oorleg met GSA gefinaliseer sal word.
Mnr Keun
GSAAfsluiting
Die Voorsitter rig namens die PNS Raad 'n woord van dank en erkenning aan elke lid vir sy / haar bydrae tot die Werkgroep se werksaamhede. Die lede en hulle gesinne word 'n geseënde Feesgety toegewens. Die vergadering word afgesluit en verdaag.