Canolafokus 116 Desember 2023
Canola cultivarevaluasie: Wes- en Suid-Kaap 2023
Inleiding
Gedurende 2023 is daar by vyf lokaliteite in beide die Swartland en Suid-Kaap proewe aangeplant. Op Langgewens en Tygerhoek Navorsingsplase is twee saaidatumproewe aangeplant, asook 'n Elite-proef. Al die proewe in die 2023-seisoen is geoes met die uitsondering van die proef by Eendekuil, wat vermoedelik deur snywurms of "white grubs" beskadig is. In die 2023 cultivar evaluasieprogram is 'n totaal van 18 cultivars, teenoor die 17 van 2022, getoets. Die cultivars het bestaan uit vier konvensionele, vier Cl (Clearfield, Imasamoks-tolerant), agt van die TT-groep (Triasien-tolerant) en daar is ook kombinasietipe cultivars ingesluit wat oor beide die Cl- en TT-toleransie beskik (Enforcer CT en PY520 TC). In 2023 is ses nuwe cultivars getoets en alle cultivars was, soos die afgelope paar seisoene, bastercultivars.
Klimaat
Die 2023-seisoen op Langgewens is gekenmerk deur 'n baie nat periode vanaf 25 Mei tot aan die begin van Julie (Figuur 1). Julie en Augustus het ondergemiddelde reënval ontvang, terwyl September weer baie meer as die langtermyngemiddelde ontvang het. Oktobermaand was weer baie droog. Die goeie reënval wat in September voorgekom het, het voorkom dat plante aan vogstremming blootgestel was en gevolglik was die canola in die Swartland baie laat gereed vir oes. Die totale reënval gedurende die groeiseisoen vir 2023 was 37 mm meer as die langtermyngemiddelde.
Gedurende Junie was die gemiddelde maksimumtemperatuur 2.4ºC minder as die langtermyngemiddelde, dit word toegeskryf aan bewolkte weer as gevolg van die 27 dae wat reënval aangeteken is (Figuur 2). September het nie net goeie reënval gehad nie, die gemiddelde temperature was ook tussen 1.6ºC en 2.6ºC laer as die langtermyngemiddeld. Augustus en September is baie belangrike maande vir canola aangesien dit die blom- en saadvulperiode is.
Die tweede saaidatumproef op Langgewens het later begin blom en saadvulling het later plaasgevind. Die maksium temperatuur was laer in September as Augustus en het dus die opbrengs van die proef bevoordeel. Dit bevestig die belangrikheid van lae temperature tydens die saadvulperiode. Die saadopbrengs van die proef wat later ontkiem het, was hoër. In 2008 het dieselfde gebeur deurdat die temperature laer was in September as Augustus en die opbrengs van die later aangeplante proef was toe ook beter.
Tygerhoek, in die Suid-Kaap, het gedurende die 2023-groeiseisoen meer as twee keer meer as langtermyngemiddelde reënval ontvang (624 mm). Die is die natste aangetekende groeiseisoen in die geskiedenis naas 2021 (1966-2023). Gedurende 2021 het daar egter 396 mm op amper een reënval-insident in Meimaand voorgekom, terwyl dit in 2023 reg deur die seisoen meer as die langtermyngemiddelde gereën het, met die uitsondering van Augustus.
By Tygerhoek het bo-gemiddelde warm maksimumtemperature (>3ºC bokant die langtermyngemiddelde maksimumtemperatuur) tydens Augustus voorgekom, terwyl die minimumtemperature tydens Julie tot September ondergemiddeld was. Die minimumtemperatuur was tussen 1.3 en 2.3ºC laer as die gemiddelde vir die Julie tot September-periode. Soos op Langgewens, was die maksimumtemperatuur tydens Augustus hoër as in September 2023. Die opbengs van die eerste en tweede saaidatums was byna dieselfde. Die lae minimumtemperatuur gedurende Augustus het moontlik die negatiewe effek van die hoë maksimumtemperatuur verminder op die blom- en saadvulperiode.
Resultate
Die opbrengsresultate vir die Swartland is opgesom in Tabel 1 en Figuur 2. Die Clearfield (Cl)- en Triasien tolerante (TT)–cultivars se data is geskei van die konvensionele cultivars. Die CT- en TC- cultivars is by die TT-cultivars ingedeel. Die Swartlandproewe is gedurende die afgelope seisoen blootgestel aan baie nat omstandighede, hoofsaaklik gedurende Juniemaand. Temperature was baie laer as normaal gedurende September (saadvulperiode) en selfs laer as in Augustus. Min tot geen Sclerotinia is waargeneem in die cultivarproewe nie, alhoewel dit wydverspreid in die Swartland voorgekom het. Die oesseisoen was laat in die Swartland, as gevolg van die nat en koue Septembermaand.
Swartland
In die Swartland het die gemiddelde opbrengs per proef gewissel tussen 3323 kg ha-1 (Langgewens 2de aanplanting) en 2266 kg ha-1 by Philadelphia. Al die proewe, met die uitsondering van Langgewens 1ste en 2de saaidatums, het na 25 Mei begin ontkiem. Die twee proewe by Langgewens is in voldoende grondvog aangeplant op 8 en 16 Mei. Die saad van die lyn CC91117 was, soos in 2022, nie 100% suiwer nie en dit het 'n moontlike negatiewe invloed op die opbrengs gehad. Die konvensionele cultivar CC90014 (3168 kg ha-1) het, soos in 2022, gemiddeld die hoogste opbrengs gelewer, gevolg deur die cultivars Quartz (2942 kg ha-1) en Diamond (2822 kg ha-1). Laasgenoemde twee cultivars se opbrengste was wel statisties betekenisvol laer as dié van CC90014.
Vier Cl-cultivars is in 2023 getoets, waarvan PY421C Cl (3143 kg ha-1) die hoogste opbrengs binne die groep gelewer het. Die Cl-cultivar 45Y95 (langer groeier) het die tweede hoogste opbrengs (3086 kg ha-1) gelewer, gevolg deur die cultivars Solstice Cl en 44Y94. Bogenoemde vier cultivars se opbrengs het nie statisties betekenisvol van mekaar verskil nie.
Die 2023-groeiseisoen het baie laat geëindig weens voldoende vog en lae temperature gedurend September. Twee van die cultivars wat as vroeg geklassifiseer word, naamlik Diamond en Ceres Cl, kon moontlik nie die verlengde groeiperiode ten volle benut nie. Die saadopbrengs van cultivars wat vir 'n langer periode groei word in lang groeiseisoene bevoordeel.
Binne die TT-cultivargroep wat CT/TC-cultivars insluit het HyTTec Trophy, PY520 CT en HyTTec Trifecta die hoogste opbrengste (onderskeidelik 2666 kg ha-1, 2663 kg ha-1 en 2646 kg ha-1) gelewer, gevolg deur CT210001, Blazer TT en Alpha TT. Al bogenoemde cultivars het nie betekenisvol van mekaar verskil nie. Die gemiddelde opbrengs van die TT-cultivars was onderskeidelik 13% en 18% laer as die konvensionele- en Cl-cultivars.
Langgewens 1 | Langgewens 2 | Philadelphia | Pools | Hopefield | Swartland | |||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Plant: 8 Mei | Plant: 16 Mei | Plant: 15 Mei * | Plant: 11 Mei * | Plant: 10 Mei * | ||||||||
Diamond | 3402 | abc | 3531 | abcde | 2527 | abc | 2694 | defgh | 1983 | de | 2822 | cde |
Quartz | 3008 | cde | 3743 | abc | 2634 | ab | 3145 | abcde | 2337 | abcd | 2942 | bcd |
CC91117 | 3200 | abcd | 3009 | fg | 1863 | gh | 2553 | fghi | 2211 | bcde | 2536 | g |
CC90014 | 3703 | a | 3804 | ab | 2496 | abc | 3301 | abc | 2732 | ab | 3168 | a |
Konv. Gemiddeld | 3328 | 3522 | 2380 | 2923 | 2316 | 2867 | ||||||
43Y92 | 3001 | cde | 3135 | def | 2432 | abcd | 3165 | abcd | 2221 | bcd | 2765 | def |
44Y94 | 3172 | bcd | 3358 | bcdef | 2552 | abc | 3362 | ab | 2575 | abc | 2971 | abcd |
45Y95 | 3559 | ab | 3811 | a | 2537 | abc | 3393 | a | 2307 | abcd | 3086 | ab |
PY421C Cl | 3592 | ab | 3707 | abc | 2688 | a | 3017 | abcdefg | 2818 | a | 3143 | ab |
Solstice Cl | 3237 | abcd | 3781 | ab | 2456 | abcd | 3136 | abcde | 2548 | abcd | 2991 | abc |
Ceres Cl | 3626 | ab | 3586 | abcd | 2385 | abcde | 3058 | abcdef | 2177 | bcde | 2942 | bcd |
Cl. Gemiddeld | 3364 | 3563 | 2508 | 3188 | 2441 | 2983 | ||||||
Alpha TT | 2873 | de | 3102 | ef | 2241 | bcdefg | 2198 | hi | 2093 | cde | 2494 | gh |
Blazer TT | 2835 | de | 3103 | ef | 1920 | fgh | 2637 | efgh | 2173 | bcde | 2495 | gh |
HyTTec Trophy | 2903 | cde | 3177 | def | 2302 | abcdef | 2807 | cdefg | 2266 | abcd | 2666 | efg |
HyTTec Trifecta | 2908 | cde | 3305 | cdef | 2140 | cdefg | 2948 | abcdefg | 2124 | cde | 2646 | efg |
AGAstraTT | 2894 | cde | 2625 | gh | 1652 | h | 2558 | fghi | 1984 | de | 2308 | hi |
Enforcer CT | 2590 | e | 2553 | h | 2009 | efgh | 2057 | i | 1641 | e | 2171 | i |
CT210001 | 2838 | de | 3242 | def | 1900 | fgh | 2520 | ghi | 2545 | abcd | 2563 | fg |
PY520 CT | 2973 | cde | 3235 | def | 2061 | defgh | 2848 | bcdefg | 2410 | abcd | 2663 | efg |
TT. Gemiddeld | 2852 | 3043 | 2028 | 2572 | 2155 | 2501 | ||||||
Proef Gemiddeld | 3129 | 3323 | 2266 | 2855 | 2286 | 2743 | ||||||
kbv | 509.6 | 451.5 | 420.2 | 515.6 | 579.4 | 214.5 | ||||||
kv | 9.8 | 8.2 | 11.2 | 10.9 | 15.3 |
Cultivars gemerk met dieselfde letter verskil nie betekenisvol van mekaar nie.
* Eerste betekenisvolle reën na plant was 25 Mei 2023.
Suid-Kaap
In die Rûens (Figuur 2 en Tabel 2) was die proefgemiddeldes by Roodebloem die beste (3359 kg ha-1), gevolg deur die ander lokaliteite, waarvan almal se opbrengs bo 3104 kg ha-1 was. Die gemiddelde proefopbrengs was 3204 kg ha-1, teenoor 2124 kg ha-1 en 3271 kg ha-1 in 2022 en 2021, onderskeidelik.
Die Suid-Kaap het 'n baie lang en hoë reënvalseisoen gehad. In die periode tydens optimale onkruidbeheer- en bemestingstadium was lande in baie gevalle ontoeganklik, maar nogtans was die opbrengs baie goed. Die konvensionele cultivar Quartz (3628 kg ha-1) het die hoogste opbrengs binne die konvensionele groep gelewer, net soos die geval was in 2021 en 2020. Die cultivar CC90014 was 2de (3469 kg ha-1) in 2023 gevolg deur Diamond. Daar was geen statisties betekenisvolle verskil tussen Quartz en CC90014 nie.
Die CL-cultivar 45Y95 (3980 kg ha-1) het die hoogste opbrengs binne die groep gelewer. Die potensiaal van die cultivar is baie duidelik aangesien die oesopbrengs in verskeie proewe bo 4000 kg ha-1 was. Die opbrengs van 45Y95 was ook betekenisvol hoër as al die ander cultivars in die Suid-Kaap. Die Cl-cultivar 44Y94 het die tweede hoogste opbrengs (3738 kg ha-1) gelewer, gevolg deur PY421C Cl en Solstice Cl.
Soos in die Swartland, kon twee van die cultivars wat as vroeg geklassifiseer word, Diamond en Ceres Cl, moontlik nie die verlengde groeiperiode ten volle benut nie. Die saadopbrengs van cultivars wat vir langer periodes groei, word in sulke seisoene bevoordeel.
Die TT-cultivar HyTTec Trifecta (3250 kg ha-1) gevolg deur kombinasiecultivar PY520 CT (3232 kg ha-1) het die hoogste opbrengs binne die TT-groep gelewer. Hulle is gevolg deur die nuwe kombinasiecultivar CT210001 en HyTTec Trophy. HyTTec Trifecta se opbrengs was statisties betekenisvol hoër as dié van CT210001 en HyTTec Trophy.
Die gemiddelde opbrengs van TT-cultivars was 8% en 17% laer as die konvensionele- en Cl-cultivars, onderskeidelik. In 2022 was die verskil in die Suid-Kaap 6% en 12%. Die Cl-groep het meer cultivars met langer groeiseisoene as die konvensionele groep, met die gevolg dat die opbrengs deur die lang saadvulperiode in 2023 voordelig beïnvloed is.
Gevolgtrekking
Canola as gewas het in 2023 weereens sy aanpasbaarheid by plaaslike klimaatsomstandighede bewys. In 2022 was dit baie droog en die canola het toe ook goed gevaar. Wees asb net bedag op die risiko van Sclerotinia-besmetting gedurende 'n vogtiger groeiseisoen – dit bly 'n risiko en kan opbrengs drasties verlaag. Sclerotinia-besmetting het vanjaar ook wyd verspreid in die Swartland voorgekom met 'n verhoogde risiko vir 2024.
Tygerhoek 1 | Tygerhoek 2 | Riversdal | Klipdale | Napier | Roodebloem | Suid-Kaap | |||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
17 April | 3 Mei | 25 April | 17 April | 18 April | 18 April | ||||||||
Diamond | |||||||||||||
3046 | efg | 2725 | ef | 3465 | abc | 2710 | cdef | 2601 | gh | 3291 | defg | 3054 | hij |
Quartz | |||||||||||||
3663 | bc | 4010 | ab | 3687 | ab | 3694 | ab | 2985 | efg | 3528 | cde | 3628 | bc |
CC91117 | |||||||||||||
2549 | h | 2963 | de | 2861 | d | 2274 | f | 2548 | gh | 2757 | hi | 2715 | lm |
CC90014 | |||||||||||||
3213 | de | 3333 | cd | 3491 | abc | 3861 | ab | 3454 | cde | 3617 | cd | 3469 | cde |
Konv. Gemiddeld | |||||||||||||
3118 | 3258 | 3376 | 3135 | 2897 | 3298 | 3217 | |||||||
43Y92 | |||||||||||||
3326 | cde | 3362 | cd | 3018 | cd | 3403 | abc | 3530 | cd | 3634 | bcd | 3341 | ef |
44Y94 | |||||||||||||
4080 | a | 3722 | abc | 3147 | bcd | 3837 | ab | 4028 | ab | 4034 | ab | 3738 | b |
45Y95 | |||||||||||||
3765 | ab | 4109 | a | 3758 | a | 3941 | a | 4282 | a | 4181 | a | 3980 | a |
PY421C Cl | |||||||||||||
3858 | ab | 3649 | bc | 2773 | d | 3851 | ab | 3918 | abc | 3810 | abc | 3538 | cd |
Solstice Cl | |||||||||||||
3480 | bcd | 3377 | cd | 3291 | abcd | 3846 | ab | 3194 | def | 3535 | cde | 3422 | def |
Ceres Cl | |||||||||||||
2957 | efg | 2681 | ef | 3237 | abcd | 3199 | bcd | 2730 | fgh | 3550 | cde | 3081 | ghi |
CL GEMIDDELD | |||||||||||||
3578 | 3483 | 3204 | 3680 | 3612 | 3791 | 3517 | |||||||
Alpha TT | |||||||||||||
2813 | fgh | 2957 | de | 3090 | cd | 2582 | def | 2667 | gh | 2806 | hi | 2869 | jkl |
Blazer TT | |||||||||||||
2998 | efg | 2834 | ef | 2870 | d | 2824 | cdef | 2956 | fg | 2955 | gh | 2906 | ijkl |
HyTTec Trophy | |||||||||||||
3241 | de | 3104 | de | 3105 | cd | 2632 | def | 2448 | h | 3151 | efgh | 3011 | ijk |
HyTTec Trifecta | |||||||||||||
3161 | def | 3111 | de | 3524 | abc | 3335 | abc | 2925 | fgh | 3257 | defg | 3250 | fg |
AGAstraTT | |||||||||||||
2678 | gh | 3115 | de | 2828 | d | 2321 | ef | 2666 | gh | 3051 | fgh | 2827 | kl |
Enforcer CT | |||||||||||||
2524 | h | 2402 | f | 2751 | d | 2330 | ef | 2542 | gh | 2533 | i | 2546 | m |
CT210001 | |||||||||||||
2796 | fgh | 3014 | de | 3104 | cd | 2981 | cde | 2857 | fgh | 3394 | def | 3047 | hij |
PY520 CT | |||||||||||||
3500 | bcd | 3345 | cd | 2826 | d | 2958 | cdef | 3545 | bcd | 3385 | def | 3232 | fgh |
TT GEMIDDELD | |||||||||||||
2964 | 2985 | 3012 | 2745 | 2826 | 3066 | 2961 | |||||||
GEMIDDELD | |||||||||||||
3203 | 3212 | 3157 | 3143 | 3104 | 3359 | 3203 | |||||||
kbv | |||||||||||||
396.9 | 438.7 | 551.6 | 699.6 | 493.1 | 406.9 | 196.0 | |||||||
cv | |||||||||||||
7.5 | 8.2 | 10.5 | 13.4 | 9.6 | 7.3 |
Cultivars gemerk met dieselfde letter verskil nie betekenisvol van mekaar nie.
Cultivarkeuse en opsies vir 2024
BELANGRIK: In die afgelope seisoene het ons gesien watter positiewe invloed klimaat op produksie kan hê. Dit staan in skrille kontras met die 2019-seisoen en 'n mindere mate in 2022 wat droog en baie warm in die lente was. Dit is onmoontlik om voorsiening te maak vir sulke klimaatuiterstes. Nogtans is goed aangepaste cultivars noodsaaklik vir sukses.
Die keuse van 'n cultivar berus altyd op 'n paar faktore, naamlik:
Beskikbaarheid van saad
Sien punt 7.
Opbrengspotensiaal
Sien tabel 1 en 2.
Onkruidbestuur
Onkruidweerstand het tot gevolg dat veral TT-tipe cultivars oorweeg word.
Belangrik: kombinasietipe cultivars wat oor beide die Cl- en TT-toleransie beskik (CT of TC soos deur die maatskappye genoem word) se opbrengspotensiaal moet vergelyk word met die TT-tipe cultivars. Die TT-geen in canolaplante beїnvloed die opbrengs negatief en gevolglik is TT- se opbrengs gewoonlik laer as die van konvensionele en Cl-cultivars.
Fisiologiese ontwikkelingstempo
Die beginsel van "Horses for courses" geld hier – cultivars met 'n langer groeiperiode moet verkieslik in areas geplant word wat later koel en nat bly.
Swartstamweerstand
Dis uiters belangrik om cultivars af te wissel.
Sclerotinia in die hele Wes-Kaap (Swartland ingesluit)
In 2023 is gevind dat die siekte wyd verspreid voorgekom het met hoë siektedruk in die Swartland.
Beskikbaarheid van saad
Geen van bogenoemde besluite is moontlik indien daar nie saad beskikbaar is nie. Al die risiko's verbonde aan plaassaad is baie hoog.
Opbrengsverlaging is een van die risiko's
Op Langgewens in 2022 en 2023 was die gemiddelde opbrengsverlaging 10-13% as plaassaad (teruggehoude saad) geplant is in plaas van kommersiële saad.
Belangrik is dat die saad 'n swambespuiting op 5-blaarstadium gekry het.
'n Opsomming van cultivareienskappe word in Tabel 1 weergegee, terwyl die periode tot blom per cultivar in Tabel 2 geïllustreer word. Inligting rakende Swartstamweerstandsgene is afkomstig van Australië. Die weerstandsindeks is ook van Australië en kan slegs as 'n riglyn dien, aangesien plaaslike omstandighede verskil van dié in Australië. Die plaaslike resultate sal in 'n volgende canolafokus verskyn.
In Tabel 3 en 4 word die cultivars oor seisoene met mekaar vergelyk. Alle opbrengste is uitgedruk as persentasie van die proefgemiddelde. In die Swartland het die konvensionele cultivar, CC90014, die beste gevaar oor die afgelope twee seisoene (Tabel 3). Diamond en Quartz het gemiddeld in 2022 en 2023 onderskeidelik 10% (Diamond) en 3% (Quartz) beter gevaar as die proefgemiddelde.
Drie Cl-cultivars was in 2022 en 2023 in die cultivarproewe getoets. Die cultivar 44Y94 het die hoogste opbrengs oor die afgelope twee seisoene gelewer teen 10% hoër as die proefgemiddeld. Die cultivar 43Y92 het die 2de hoogste opbrengs gelewer met 9% meer as die proefgemiddeld.
Die TT-cultivar HiTTec Trophy was die beste TT-cultivar oor die afgelope twee seisoene in die Swartland (1% laer as die proefgemiddeld) gevolg deur HyTTec Trifecta. Die cultivar Alpha TT was 3de en Blazer TT 4de.
In die Suid-Kaap het die konvensionele cultivar CC90014 die afgelope 2 jaar die beste opbrengs gehandhaaf (12% meer as die proefgemiddeld). Quartz was die 2de beste cultivar (10% beter as proefgemiddeld). Diamond was gemiddeld die 3de beste produseerder in die konvensionele groep vir die 2022 en 2023 seisoene.
Die cultivar 45Y95 het die hoogste opbrengs oor die afgelope twee seisoene gelewer (12% hoër as die proefgemiddelde). Die cultivars 45Y95 en 43Y92 was onderskeidelik 11% en 9% beter as die proefgemiddelde.
Die TT-cultivar Alpha TT was gemiddeld die beste TT-cultivar oor die afgelope twee seisoene in die Suid-Kaap (3% laer as die proefgemiddelde). Die cultivar HyTTec Trophy was 2de met opbrengs 5% laer as proefgemiddelde, gevolg deur Blazer TT en HyTTec Trifecta.
Cultivar | Tipe | Jaar 1ste toets |
Groeiperiode: dae tot blom Tygerh. Langg. |
Dae tot einde van blom Langgewens |
Op- brengs (% van proef) Swart- land 2022- 2023 |
Op- brengs (% van proef) Rûens 2022- 2023 |
Austra- liese Swart- stam indeks |
Swart- stam indeks Saltros Ilivoi |
Swart- stam weer- stands- groep |
|
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Diamond | Konv. | Agricol | 2015 | Vroeg | V | 103 | 95 | w-mw2023 | w2023(si) | ABF |
Quartz | Konv. | Agricol | 2018 | Med. vroeg | Mv | 107 | 1113 | w2023 | ABD | |
CC91117 | Konv | Advanta | 2022 | Vroeg | V | 92 | 85 | |||
CC90014 | Konv | Advanta | 2022 | Med. vroeg | Mv | 116 | 108 | |||
43Y92 | CL | Pioneer | 2017 | Med. vroeg | Mv | 101 | 104 | w2023 | w2023(s) | B |
44Y94 | CL | Pioneer | 2021 | Medium | M | 108 | 117 | w2023 | w2023(s) | BC |
45Y95 | CL | Pioneer | 2022 | Laat | L | 113 | 124 | w2023 | w2023(s) | C |
PY421C Cl | CL | Pioneer | 2023 | Med. vroeg | Mv | 115 | 110 | w-mw2023 | w2023(si) | A |
Solstice Cl | CL | Advanta | 2023 | Med. vroeg | Mv | 109 | 107 | w2023 | ADFH | |
Ceres Cl | CL | Agricol | 2023 | Vroeg | V | 107 | 96 | w2023 | AD | |
Equinox Cl | CL | Advanta | Elite | Med. vroeg | Mv | +++e23 | +++e23 | w2023 | ADF | |
Alpha TT | TT | Agricol | 2017 | Med. vroeg | Mv | 91 | 90 | mv–mw2018 | w2018(j) | BF |
Blazer TT | TT | Limagrain | 2021 | Med. vroeg | Mv | 91 | 91 | w2023 | ADF | |
HiTTec Trophy | TT | Agricol | 2022 | Med. vroeg | Mv | 97 | 94 | w-mw2023 | w2023(si) | AD |
HiTTec Trifecta | TT | Agricol | 2022 | Medium | M | 96 | 101 | w2023 | ABD | |
Astra TT | TT | Agricol | 2022 | Med. vroeg | Mv | 84 | 88 | w2023 | w2023(i) | – |
Enforcer CT | CT | Advanta | 2022 | Medium | M | 79 | 79 | w2023 | ADF | |
Defender CT 21 | CT | Advanta | 2023 | Med. vroeg | M | 93 | 95 | w-mw2023 | ADF | |
PY520 TC | TC | Pioneer | 2023 | Laat | L | 97 | 101 | w-mw2023 | w2023(si) | BC |
Konv: Konvensioneel | CL: Clearfield-tipe | TT: Triasien-tipe | CT/TC: kombinasietipe cultivar wat oor beide die Cl- en TT-toleransie beskik
V: vroeg | Mv: vroeg tot medium | M: medium | L: laat
+++e23: Goed Elite x 2 2023 | ++e23:Gemiddeld tot bo-gemiddeld Elite x 2 2023
Alle swartstam weerstand en eienskappe soos aangedui is afkomstig uit Australië. w = weerstand | mw = matige weerstand
LW. Plaaslike swartstamdata sal in volgende Canolafokus verskyn.
Tabel 2: Cultivar ingedeel volgens spoed van ontwikkeling (indeling is gedoen volgens 2023 data op Langgewens en Tygerhoek)
2022 | 2023 | Plasing | 2022-2023 | Plasing | |
---|---|---|---|---|---|
Diamond | 112 | 107 | 3 | 110 | 2 |
Quartz | 103 | 103 | 2 | 103 | 3 |
CC91117 | 96 | 92 | 4 | 94 | 4 |
CC90014 | 117 | 116 | 1 | 116 | 1 |
Konv. Gem. | 107 | 105 | 106 | ||
43Y92 | 117 | 101 | 6 | 109 | 2 |
44Y94 | 112 | 108 | 4 | 110 | 1 |
45Y95 | 98 | 113 | 2 | 105 | 3 |
PY421C Cl | 115 | 1 | |||
Solstice Cl | 109 | 3 | |||
Ceres Cl | 107 | 5 | |||
Cl Gem. | 109 | 109 | 108 | ||
Alpha TT | 97 | 91 | 5 | 94 | 3 |
Blazer TT | 95 | 91 | 6 | 93 | 4 |
HyTTec Trifecta | 98 | 97 | 2 | 97 | 2 |
HyTTec Trophy | 103 | 96 | 3 | 99 | 1 |
Astra TT | 84 | 7 | |||
Enforcer CT | 86 | 79 | 8 | 83 | 5 |
Defender CT 21 | 93 | 4 | |||
PY520 TC | 97 | 1 | |||
TT Gem. | 96 | 91 | 93 |
Gevolgtrekking
Daar is normaalweg verskeie cultivars met verskillende groeiseisoenlengtes binne die drie groepe beskikbaar. Die groeiseisoenlengte is baie belangrik in die Wes-Kaap met ons normale kort groeiseisoene. Tweedens is die stabiliteit van opbrengs oor groeiseisoene en areas baie belangrik in die maak van 'n cultivarkeuse.
2022 | 2023 | Plasing | 2021-2022 | Plasing | |
---|---|---|---|---|---|
Diamond | 111 | 95 | 3 | 103 | 3 |
Quartz | 106 | 113 | 1 | 110 | 2 |
CC91117 | 102 | 85 | 4 | 93 | 4 |
CC90014 | 116 | 108 | 2 | 112 | 1 |
Konv. Gem. | 109 | 100 | 105 | ||
43Y92 | 114 | 104 | 5 | 109 | 3 |
44Y94 | 105 | 117 | 2 | 111 | 2 |
45Y95 | 100 | 124 | 1 | 112 | 1 |
PY421C Cl | 110 | 3 | |||
Solstice Cl | 107 | 4 | |||
Ceres Cl | 96 | 6 | |||
Cl Gem. | 106 | 110 | 111 | ||
Alpha TT | 103 | 90 | 6 | 97 | 1 |
Blazer TT | 97 | 91 | 5 | 94 | 3 |
HyTTec Trifecta | 87 | 101 | 1 | 94 | 4 |
HyTTec Trophy | 97 | 94 | 4 | 95 | 2 |
Astra TT | 88 | 7 | |||
Enforcer CT | 89 | 79 | 8 | 84 | 5 |
Defender CT 21 | 95 | 3 | |||
PY520 TC | 101 | 2 | |||
TT Gem. | 95 | 92 | 93 |
Enquiries / Navrae
Directorate Plant Sciences, Department of Agriculture Western CapeDirektoraat Plant Wetenskappe, Wes-Kaapse Departement van Landbou
Private Bag/Privaatsak X1, Elsenburg 7607 T. 021 808 5321 E. piet.lombard@westerncape.gov.za
Editors / Redaksie
PJA Lombard J Bruwer Franco le RouxSponsored by the Protein Research Foundation
Geborg deur die Proteïennavorsingstigting